|

AfriForum-buurtwagte spring in om Nelspruit en Witrivier op te ruim nÁ storms

Die AfriForum-buurtwagte in Nelspruit en Witrivier het op Saterdag 3 Oktober gehelp om strate te beveilig ná ’n donderstorm met sterk winde gewoed het. Hierdie donderstorm het omstreeks 19:00 deur die areas begin beweeg en groot stukke van bome het die paaie versper.

Lede van die Nelspruit-buurtwag het gehelp om bome kleiner te saag en te verwyder in Bosch-, Plankie-, Kwartz- en Opalstraat sowel as in Watervallaan. Verder het die lede ook hulp verleen op vier ongelukstonele wat tydens die storm plaasgevind het.

“Die nadraai van hierdie storm wys net weer eens hoe vinnig lede van die gemeenskap kan mobiliseer om ander se lewens te beskerm en areas te beveilig,” sê Devon McCullough van AfriForum se Nelspruit-buurtwag.

Die buurtwaglede in Witrivier het gehelp om bome te verwyder in Kiaat-, Tom Lawrence- en Impalastraat.

“Buurtwaglede ontvang gereeld opleiding om te verseker dat hulle korrek optree in rampsituasies soos hierdie, dit is net nóg ’n manier waarop AfriForum sy lede suksesvol bystaan,” sê Johan Pelser, leier van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings