AfriForum-buurtwagte in Stellaland neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Stellaland, naamlik Bloemhof, Delareyville, Sannieshof en Vryburg, het op Vrydag 20 Julie 2018 aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het 60 patrolleerders van vier AfriForum-buurtwagte in 30 voertuie meer as 375 km afgelê. Geen voorvalle is aangemeld nie. Sekuriteitsmaatskappye en die SAPD het saam met die buurtwagte aan die patrollie deelgeneem.

“AfriForum loods nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Pretorius af.

SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings