| |

AfriForum-buurtwagte verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek van stapel gestuur om buurtwagsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Na verwagting sal misdaad oor die komende feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners met hoë sigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig.

As deel van dié nasionale sigbaarheidsaksie het AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwag op Saterdag 2 November ’n voetpatrollie gehou om sigbaarheid in dié gebied te verhoog. Op Saterdag 9 November het AfriForum se Pionier-buurtwag ook aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem en 175 km met sewe voertuie afgelê.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum se buurtwagte sal daarom klem op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede lê,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria. “Aksies soos hierdie bevorder ook samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul omgewings te beveilig.”

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings