| |

AfriForum-buurtwagte verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek geloods om buurtwagsigbaarheid te verhoog vir die komende feesseisoen. Ongeveer 140 AfriForum-buurtwagte sal in die komende maand sigbaarheid in hul gemeenskappe verhoog om misdadigers af te skrik.

Met die naderende feesseisoen kan daar verwag word dat misdaad gaan toeneem. Dié hoë sigbaarheidsoptredes deur AfriForum se buurtwagte kan ’n daadwerklike verskil in gemeenskappe maak, want dit dra daartoe by om die publiek gerus te stel en te beveilig.

“’n Nasionale sigbaarheidsaksie soos hierdie help gemeenskappe om misdaad te bekamp. Die sleutel tot sukses is steeds dat gemeenskappe moet saamstaan en ander veiligheidsinstansies en die SAPD betrek. Gemeenskappe moet eienaarskap neem van hul eie veiligheid,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“Die feit dat gemeenskapslede betrokke raak by veiligheidstrukture, skep vertroue by mense en verskerp bewustheid en waaksaamheid om misdaad plaaslik hok te slaan. Goeie samewerking tussen buurtwagte, die SAPD en plaaslike veiligheidsinstansies stel AfriForum se veiligheidstrukture in staat om meer suksesvolle optredes soos hierdie te kan uitvoer en die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek.

“Proaktiewe optredes soos dié sigbaarheidspatrollies skep hoop in gemeenskappe. Dit is noodsaaklik dat hierdie soort projekte gereeld saam met alle veiligheidsrolspelers in ’n gebied aangepak word,” sluit Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings