AfriForum dien kommentaar in op beplande watertariefverhoging in Upington


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 24 Mei 2018 kommentaar by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit ingedien rakende die beplande watertariefverhoging wat tydens ’n openbare vergadering aangekondig is.
AfriForum is van mening dat dié watertariefverhoging buitensporig hoog is en dat dit tot groot finansiële nadeel vir inwoners van die dorp kan wees.
AfriForum se kommentaar sluit die volgende in:

  • Die beplande watertariefverhoging is nie in die gemeenskap se belang nie.
  • Die ouditeur-generaal se verslag het uitgewys dat die munisipaliteit meer water genereer as wat nodig is, aangesien slegs 48,21% van die water wat gegenereer word, verkoop word.
  • AfriForum stel voor dat die munisipaliteit eerder sal fokus op maniere om waterverliese te beperk as om watertariewe te verhoog.
  • AfriForum bevraagteken ook die aanstellingsproses van personeel by die munisipaliteit, wat ’n koste-implikasie kan hê.

AfriForum gaan verder ook kyk na beplande salarisverhogings binne die munisipaliteit en seker maak dat die regte stappe gevolg word,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

SMS “Upington” na 32532 (R1) om hierdie AfriForum-aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings