|

AfriForum dra by tot skoner omgewing in Nelspruit en Belfast

Die AfriForum-takke in Nelspruit en Barberton het op 20 Oktober nuwe asblikke in hul gemeenskappe opgerig.

Die Nelspruit-tak het 18 asblikke geborg en die We Care 4 Nelspruit-groep het die asblikke opgerig in omgewings waar rommel veral gestrooi word. ’n Verdere 16 asblikke is langs die R40 vanaf die Ou Pretoria-pad tot by die West End-winkelsentrum, twee asblikke is ook in Ferreirastraat opgerig.

Die Nelspruit-tak het ook weer die operasionele kostes gedek vir ’n skoonmaakaksie wat deur We Care 4 Nelspruit uitgevoer is.

Die Belfast-tak het in hierdie dorp sowat 10 asblikke opgerig om by te dra tot die algehele netheid van die dorp. ’n Skoonmaakaksie is ook op 22 Oktober aangepak waartydens die asblikke ook leeggemaak en gediens is.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons vir hierdie projek vanuit die gemeenskap ontvang. Ons het ook al heelwat positiewe terugvoer oor dié projek gekry,” sê David Spöhr, AfriForum se takvoorsitter in Belfast.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings