AfriForum eis afdanking van Vrystaatse LUR weens rassistiese gedrag


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n skrywe aan Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, gerig waarin die afdanking van Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, geëis word. Dít volg nadat Leeto na wat berig word in die provinsiale wetgewer in Bloemfontein gesê het dat wit Suid-Afrikaners verkragters is en dat wit mense se grafte oopgegrawe moet word sodat hulle lyke rekenskap kan gee oor hul beweerde sondes.
Hierdie opmerking volg kort nadat klagtes van beweerde bedrog, korrupsie en geldwassery van R20 miljoen teen Leeto en verskeie ander verteenwoordigers teruggetrek is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat Leeto se opmerking nie bloot rassisties is nie, maar dat dit ook bedrieglik en grof beledigend is. “Indien die nodige tugstappe nie teen Leeto geneem word nie, kan ’n mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat haar wangedrag deur die provinsiale regering onderskryf word nie.”

Soortgelyke plasings