AfriForum eis finansiële state, bestuurspersoneelkwalifikasies van Tsantsabane en Gamagara Plaaslike Munisipaliteite

 

AfriForum se Postmasburg- en Kathu-takke het aansoeke ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wetno. 2 van 2000) (PAIA) gebring om vas te stel wat die Tsantsabane en Gamagara Plaaslike Munisipaliteite met belastingbetalers se geld doen. As gevolg van wanbetaling wou Eskom al dié munisipaliteite se krag en Sedibeng Water hul water afsny. Olifantshoek het ook gereeld nie water nie en inwoners kry geen antwoorde van die munisipaliteit oor die rede hiervoor nie. Die burgerregtewaghond wil ook seker maak dat persone in bestuursposte by die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit oor die nodige kwalifikasies beskik.

“Die gemeenskap van Postmasburg is diep ontevrede omdat ons dorp geld aan Eskom skuld. Die bedrag beloop miljoene,” sê Johan Brits, voorsitter van AfriForum se Postmasburg-tak. Adriaan Odendaal, voorsitter van AfriForum se Kathu-tak, beaam dit: “Ons wil weet hoekom Eskom nooit betaal is nie en hoekom hierdie bedrag so hoog is, terwyl ons as inwoners ons rekeninge betaal.”

Gee aan AfriForum die mandaat om hierdie munisipaliteite aan te vat: SMS onderskeidelik “Postmasburg” of “Kathu” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings