| |

AFRIFORUM EN AFRIFORUM JEUG-LEDE IN KRUGERSDORP VIER PAASFEES SAAM MET GEMEENSKAP

Die AfriForum- en AfriForum Jeug-takke in Krugersdorp het op 5 April Paasfees gevier deur paaseiers by verkeersligte in die dorp uit te deel, terwyl die takke ook skenkings van klere, kos, speelgoed en geskenkpakkies by ’n plaaslike plakkerskamp uitgedeel het.

Mattheus van AfriForum se #Teenboelieveldtog en Bessie van AfriForum se Besigheidsbytjies het saam met die takke die Krugersdorp-gemeenskap bederf en ook besoek by die plakkerskamp afgelê. Die plakkerskamp is die tuiste van sowat 40 kinders en die Paasboodskap is ook met die kinders gedeel.

“Ongelukkig het kinders nie self seggenskap oor waar hulle woon of grootword nie. Dit is ons verantwoordelikheid om deur deurlopende jeugprojekte vir hierdie kinders te wys dat daar vir hulle hoop en ’n toekoms is,” sê Martin Lombaard, voorsitter van die AfriForum-tak in Krugersdorp.

AfriForum en AfriForum Jeug sal aanhou om gemeenskappe by te staan en te help om ’n toekoms in Suid-Afrika te bou. Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak se jeugstruktuur betrokke en help om ’n positiewe verskil te maak: Stuur ’n e-pos na jeug@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings