|

AfriForum en COGHSTA Noord-Kaap bespreek kwessies

AfriForum en mnr. Bentley Vass, LUR van die Noord-Kaapse departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (CoGHSTA) het op Dinsdag 30 Julie 2019 vergader oor die uitdagings wat tans met munisipaliteite in dié provinsie ondervind word. AfriForum het die vergadering versoek ná verskeie skrywes aan die departement en munisipaliteite bloot geïgnoreer is.

“Ons het die vergadering baie positief ervaar en is bly dat ons die kwessies kon bespreek. Ons wil graag ’n goeie verhouding met die munisipale bestuurders bou,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Munisipaliteite se gebrek aan kommunikasie en terugvoer aan AfriForum was van die grootste kwessies wat bespreek is, asook navrae en PAIA-aansoeke wat nie beantwoord word nie.

CoGHSTA het na afloop van die vergadering onderneem om die kwessies wat bespreek is op te volg.

“Die positiewe onderneming vir samewerking wat mnr. Vass gegee het, bewys dat ons almal wil saamwerk om die Noord-Kaap te bevorder,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings