AfriForum en DA in Vryburg maak kapsie teen afsny van krag


Die AfriForum- en DA-tak in Vryburg het kragte saamgesnoer deur die publiek aan te moedig om ’n klagbrief te voltooi. Dít omdat inwoners van Vryburg vanaf 9 Mei elektrisiteitsonderbrekings in die gesig staar, aangesien die Naledi Plaaslike Munisipaliteit versuim het om sy Eskom-skuld te betaal.

“Dít sal onregverdig wees, aangesien die meeste inwoners Smart Meters het en dus voorafbetaalde elektrisiteit gebruik. Ons het sowat 600 klagtes ontvang wat ons na Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gestuur het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum is van mening dat die munisipaliteit se versuim in hierdie verband genoeg rede vir Nersa gee om hul elektrisiteitsvoorsieningslisensie op te skort.
Raak by jou AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings