AfriForum en gemeenskap van Schweizer-Reneke maak dorp skoon


Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke en gemeenskapslede het verlede week dele van die dorp waar vullis onwettig gestort word, skoongemaak. Die rommel het die dorp besoedel en ook gesondheidsrisiko’s vir inwoners ingehou.
Inwoners het handskoene en vullissakke voorsien en ’n plaaslike besigheidsman het die waentjie voorsien waarmee die vullis weggery is.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskapslede self verantwoordelikheid neem vir kwessies soos hierdie in hul dorp. Dit bly egter die munisipaliteit se verantwoordelikheid om hul grondwetlike verpligtinge na te kom en daarom sal AfriForum aanhou om druk op hulle toe te pas,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak deur self vullis op te ruim en nie rommel te strooi nie.
SMS “Schweizer” na 45350 (R1) om by jou AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings