|

AfriForum en Helpende Hand versprei 1 ton nartjies met immuniteitsinisiatief

AfriForum het in samewerking met Helpende Hand vandeesweek sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in die Kaapse metropool en die Overstrand van stapel gestuur waartydens ongeveer 1 ton nartjies by verskeie ouetehuise in die noordelike voorstede van Kaapstad afgelewer is.

AfriForum beplan om hierdie inisiatief binne sy beskikbare middele na ander voorstede in die metropool, asook ander dorpe in die provinsie uit te brei.

Dr. Eugene Brink, hoof van gesondheid by AfriForum, sê hierdie inisiatief help om gesondheid en immuniteit in gemeenskappe te bevorder in ’n tyd wat dit broodnodig is. “Die winter lê nou voor en daarom wil ons help dat weerlose mense se immuunstelsel sterk bly. Ons het ook soortgelyke skenkings van sitrus in die noorde van die land ontvang en doen ’n beroep op ander produsente om ook skenkings te maak.”

Soortgelyke plasings