|

AfriForum en HPG trek koperdiewe vas

AfriForum se Matlabas-plaaswag het op 14 Februarie 2020 drie vermeende koperdiewe in die Steenbok-omgewing in hegtenis geneem.

HPG in samewerking met die Lephalale Trio-taakspan het verdere ondersoek ingestel en die verdagte wat die gesteelde goedere gekoop het, is met die koper in sy besit gearresteer.

“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van die verskil wat gemaak kan word as verskillende organisasies saam staan om gemeenskappe se weerbaarheid te verbeter,” sê Hillel Coetzer AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“Waar partye hande vat en so saamwerk kan misdaad ’n ernstige knou toegedien word,” sluit Sakkie Louwrens, direkteur van HPG, af.

Soortgelyke plasings