|

AfriForum en Lekwa Clean Up Crew maak besige kruising skoon

Die AfriForum-tak in Standerton het op 23 Mei in samewerking met Lekwa Clean Up Crew die kruising by Baumanstraat en Beyers Naudestraat in hierdie dorp skoongemaak.

Tydens die aksie is die gras op die kruising netjies gesny en rommel is opgetel. Hierdie kruising is een van die sleutelpunte in die dorp met besoekers van Ermelo, Morgenzon en Bethal wat daagliks daar deurry. Die kruising was egter ’n seer oog vir die gemeenskap.

Daar gaan ook in die toekoms verdere projekte in Standerton plaasvind om die omgewing te verbeter.

“Die Lekwa-munisipaliteit vaal die gemeenskap van Standerton en die gemeenskap is genoodsaak om self die werk oor te neem,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Hoëveld.

Sluit vandag aan by AfriForum se Standerton-tak: SMS “Standerton” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings