AfriForum en Pretoria FM werk saam vir ’n skoner omgewing


Lede en personeel van die burgerregte-organisasie AfriForum het op 22 Junie 2018 in samewerking met Pretoria FM en ander rolspelers die gebied rondom Autohaus in Centurion skoongemaak. Dié skoonmaakaksie het ten doel om omgewingsbewustheid te bevorder en is deur Pretoria FM van stapel gestuur.

“Nagenoeg 70 mense het aan die aksie deelgeneem en meer as 120 sakke rommel opgetel. Dit is ’n voorreg om aan projekte deel te neem wat ’n positiewe impak op die omgewing het en gemeenskappe betrek,” sê Chris Boshoff, AfriForum se koördineerder vir omgewingsake.
Volgens Hennie Koortzen, stasiebestuurder by Pretoria FM, beplan die radiostasie om aanstaande jaar weer só ’n projek aan te pak. “Hierdie projek is in Junie van stapel gestuur juis omdat dit Wêreldomgewingsmaand is. Ons het gepoog om sodoende bewusmaking te skep, asook ’n voorbeeld te stel deur self aksie te neem. Pretoria FM bedank Autohaus Centurion vir hul betrokkenheid en ondersteuning.”

Word jóú dorp se vullis swak bestuur? SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1) en gee AfriForum die mandaat om proaktief op te tree en ook ’n verskil in jou dorp te maak.

Soortgelyke plasings