|

AfriForum en SAPD slaan toe op mensehandelkring

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die SAPD se Intelligensie-eenheid gehelp om ’n operasie in die noorde van Pretoria uit te voer ná hul inligting ontvang het oor moontlike mensehandel.

Die operasie is op 22 April 2020 uitgevoer, na afloop van verkenning met ’n AfriForum-hommeltuig en ’n ondersoek deur die SAPD. Tydens dié operasie is ’n huis regmatig deursoek en is daar op dwelms beslag gelê, ’n 13-jarige kind is veilig teruggevind en een verdagte is in hegtenis geneem.

“AfriForum is hier om ’n verskil te maak en aan die SAPD – wat oor beperkte hulpbronne beskik – bystand te bied. Hierdie operasie is ’n bewys dat samewerking tussen die SAPD en ander veiligheidstrukture van kritieke belang is om ons gemeenskappe se veiligheid te verbeter,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag by AfriForum betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings