AfriForum en Solidariteit Helpende Hand bied hulp aan Knysna met noodfonds


Die burgerregte-organisasie AfriForum en die diensorganisasie Solidariteit Helpende Hand het pas aangekondig dat hulle hul noodfonds gaan uitbrei deur bystand te bied aan dié gebiede in die Wes-Kaap wat tans die ergste deur verwoestende brande geteister word. Hierdie noodfonds is spesifiek vir situasies soos wat tans in die Wes-Kaap heers en meer spesifiek die brande in die Knysna-gebied. Die fonds is voorheen al gebruik om voer aan te ry na droogtegeteisterde gebiede, vir hulpverlening aan die mense van Calvinia wat nie water gehad het nie en nou om die mense van Knysna te help.

“Ons wil mense aanmoedig om tot die fonds by te dra, want ons glo dat só ’n fonds meer mense bemagtig om ’n bydrae te lewer,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron verduidelik dat AfriForum in samewerking met provinsiale rampbestuurspanne addisionele punte gaan identifiseer waarheen hulpgoedere gestuur kan word. Die spesifieke items wat mense kan skenk sal ook later deur middel van sosiale media bekend gemaak word.

Bankbesonderhede vir finansiële skenkings is soos volg:
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261550
Verwysing: KNYSNA
SMS “Knysna” na 45344 (R1) om by AfriForum se noodfonds aan te sluit en sodoende maandeliks tot dié fonds by te dra wat vir noodsituasies soos hierdie gebruik gaan word.

Soortgelyke plasings