|

AfriForum en TKAG betoog teen hidrobreking by Shell SA-hoofkantoor

AfriForum en die omgewingsorganisasie, Treasure Karoo Action Group (TKAG), het onlangs betoog teen Shell Suid-Afrika se aansoeke om met hidrobreking in verskeie dele van Suid-Afrika, veral die Karoo, voort te gaan.

Plakkate en pamflette teen hidrobreking, asook botteltjies vol water wat deur hidrobrekingchemikalieë besoedel is, is aan Shell-personeel versprei wat by dié oliemaatskappy se hoofkantoor in Johannesburg werksaam is.

Die burgerregte-organisasie het tydens die betoging ook ’n ope brief aan Shell oorhandig waarin hulle vereis dat dié maatskappy sy planne rondom hidrobreking staak.

Shell SA het gevolglik die SAPD ingeroep om AfriForum van die perseel te verwyder.

Volgens Marcus Pawson, hoof van omgewingsake by AfriForum, het Ben Beurden, hoof uitvoerende beampte van Royal Dutch Shell in Nederland, vandeesweek bevestig dat hy AfriForum en TKAG se brief ontvang het. Hy het onderneem dat die Shell leierskap in Suid-Afrika AfriForum sal skakel vir ’n gespreksessie rondom hidrobreking.

Kyk die video by: https://www.youtube.com/watch?v=pyd3a797lnI

Soortgelyke plasings