|

AfriForum en WeCare 4 Nelspruit werk saam aan verskeie projekte

AfriForum se Nelspruit-tak en WeCare 4 Nelspruit het hande gevat om die omgewing vir inwoners te verbeter. Die twee organisasies gaan verskeie projekte aanpak wat die herstel van slaggate, die skoonmaak van parke en stormwaterslote en selfs ontbossings om ’n gebied te beveilig insluit.

Die Nelspruit-tak identifiseer die projekte of help WeCare 4 Nelspruit met hul bestaande projekte. Die eerste projek wat aangepak is, is ’n skoonmaakprojek tussen Henshallstraat en Laerskool Nelspruit. Die groenstrook en die dreineringslote is skoongemaak en die digte bosse is ook ontbos. AfriForum het die masjinerie geborg om met die werk te help en het ook bygedra tot die arbeidskoste.

“Hierdie projekte help ons om wesenlike verskille in die gemeenskap te maak, maar ook om ’n ander organisasie te ondersteun,” sê Hugo de Beer, voorsitter van AfriForum se Nelspruit-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings