AfriForum en Wes-Kaapse departement stel gesamentlike plan oor plaasbeveiliging bekend

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die afgelope jaar gepleeg is.

“AfriForum se statistiek dui aan dat daar in 2017 tot dusver reeds meer plaasmoorde (70) gepleeg is as in 2016,” sê Thomas van Dalen, bestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Die Wes-Kaapse regering sal by die konferensie deur mnr. Allan Winde en mnr. Dan Plato verteenwoordig word.

“Die plan het ten doel om plaasaanvalle en -moorde in samewerking met al die rolspelers te bekamp,” sê Van Dalen.

Bepaalde aksies sal Sondag tydens die mediakonferensie aangekondig word.
 
 

Soortgelyke plasings