AfriForum gaan MRK-beslissing oor Malema-haatspraak beveg


AfriForum gaan die bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) dat Julius Malema, leier van die EFF, se uitsprake teen wit mense nie op haatspraak neerkom nie in die hof betwis. Dit is vir die burgerregte-organisasie uiters kommerwekkend dat die MRK in wese blatante haatspraak en die aanhitsing van geweld teen ’n minderheidsgroep met hierdie uitsprake regverdig. Verder het die MRK vandag ook bevind dat Malema nie skuldig is aan haatspraak nie op verskeie klagtes wat tussen 2016 en 2018 teen hom ingedien is.

Malema het in 2016 die volgende oor wit mense gesê: “…They found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of White people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of the land and we don’t owe anyone an apology for that…”
Haatspraak word ingevolge artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie (wetno. 4 van 2000) verbied. Hierdie wet bepaal dat geen persoon woorde mag publiseer, propageer, verkondig of oordra nie, wat redelikerwys vertolk kan word as om ’n duidelike bedoeling te hê om (a) kwetsend te wees; (b) skadelik te wees of om skade aan te stig; (c) om haat te bevorder of te propageer.
Die MRK, in sy bevinding oor Malema se uitspraak teen wit mense, gee toe dat die stelling wit mense kritiseer en dat dit vir party wit mense aanstoot kan gee, hulle ontstel, of dat hulle sal kan aanvoer dat dit rasbevooroordelend is: However, it is clear that White colonial settlers did occupy Black land, by both violent and non-violent means. It is also clear that currently White people, albeit a political minority, have significant economic power. Importantly, this statement is about how White people behaved historically. It is not about how they are behaving now. Mr Malema also specifically says he is not calling for the killing or slaughtering of White people now. He is only calling for the occupation of their land.”

“Volgens die MRK se uitspraak is dit verder belangrik om die feitlike, sosiale en historiese konteks waarin Malema sy uitspraak gemaak het, in ag te neem, en ook dat die identiteit van die groep wat deur sy uitlating geteiken word, aan ’n kwesbare groep moet behoort. Die MRK steun ook op ’n hofuitspraak wat bepaal dat kwesbare groepe toegelaat moet word om hul woede en pyn uit te druk deur middel van die gebruik van kragtige woorde. Hiermee insinueer die MRK dat wit mense nie ’n kwesbare groep is nie, ten spyte van die feit dat hierdie groep ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika is. Dit is ook kommerwekkend dat die MRK aanvoer dat individue van sekere rasgroepe toegelaat moet word om rassistiese dinge kwyt te raak, mits dit in die regte konteks gedoen word,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.

Volgens Roets is die MRK se uitspraak verder in kontras met ’n werksdokument van die Verenigde Nasies se Werksgroep oor Minderhede wat bepaal dat minderheidstatus nie van armoede afhanklik is nie: “To be clear, minority status and poverty are not co-terminus; in fact, membership in a strong, cohesive minority community may even improve the economic prospects of minorities because of factors such as solidarity, communal ownership of goods and wealth, or the psychological benefits of taking pride in one’s ethnic, religious, cultural or linguistic identity. It is also sometimes the case that minority communities are economically dominant (for example because of specialization in certain fields of employment), while still being denied a range of human rights, in particular access to political power and protection from discrimination.”
AfriForum kan nie toelaat dat individue met politieke mag, soos Malema, wegkom met rassistiese uitlatings nie. Ondersteun AfriForum in hierdie stryd: SMS “Haatspraak” na 32782 (R1).

Soortgelyke plasings