|

AfriForum gee opleiding in brandbestryding

Die jeugportefeulje van AfriForum se Wes-Moot-tak het op 20 Julie 2019 opleiding in brandbestryding vir die plaaslike jeug aangebied. Tydens dié opleiding het die jeug geleer om te onderskei tussen ’n brand van algemeen vlambare stowwe, en chemiese en elektriese brande.

Die jeug is ook geleer om ’n brandblusser te gebruik en dat dit belangrik is om elke soort brand verskillend te benader, aangesien ’n verkeerde aanslag die brand kan vererger en gevaar vir die bestryder kan inhou.

Die tak beoog om dié opleiding in die toekoms uit te brei. Hulle bedank in besonder vir Elsabe Oosthuizen van die Hercules-polisiestasie se sosialemisdaadafdeling, wat by die opleiding betrokke was.

“Ons jeug is vir ons baie belangrik en ons wil hulle graag met kennis en nuwe vaardighede bemagtig,” sê Joey König, voorsitter van die jeugportefeulje by AfriForum se Wes-Moot-tak.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan Bernard Pieters by bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Wesmoot” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings