|

AfriForum-gemeenskapsgesondheid en Springs-tak skenk handreiniger, maskers aan Sanel-sentrum  

Die AfriForum-tak in Springs en AfriForum se gemeenskapsgesondheidafdeling het op 28 Augustus vanjaar 100 gesigsmaskers en 45 liter handreiniger aan die Sanel-sentrum in Daggafontein, Springs geskenk. Sanel is ’n sentrum vir mense met epilepsie en ander

belemmerings, wat afhanklik van skenkings omdat  die staat se bydra net ’n klein gedeelte van hul begroting dek.

Dié skenking is deel van AfriForum se COVID-19-verwante aksies.

Volgens dr. Eugene Brink, AfriForum se bestuurder vir gesondheidsake, is dit belangrik dat mense na hul gemeenskappe moet omsien. “Mense in die Sanel-sentrum is veral kwesbaar en ons wil toesien dat hulle en die personeel wat hulle versorg veilig en gesond is.”

“COVID-19 bied baie uitdagings vir die gemeenskap. Dit is veral in tye soos dié wat ons na ons kwesbare burgers moet omsien,” sê ButchBlignault, AfriForum se Distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die inperking en COVID-19 te kry.

Raak andag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings