AfriForum Gemeenskapsveiligheid in Kathu ’n wenspan


AfriForum se Kathu-buurtwag het op 5 September 2018, in samewerking met privaat-sekuriteitsmaatskappy JWC Sekuriteit, ’n gesteelde voertuig opgespoor en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gehelp om vier verdagtes te arresteer.
Op 27 September 2018 het die buurtwag informasie oor diefstal uit ’n voertuig ontvang en weer in samewerking met JWC Sekuriteit en die SAPD drie verdagtes opgespoor wat ook in besit was van ander gesteelde goedere.

“Ons buurtwag se ondersteuning aan kernrolspelers soos die SAPD en privaat- sekuriteitsmaatskappye skep beslis ’n wenresep vir die bekamping van misdaad op ons dorp,” sê Johan Snyman, voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings