AfriForum-GPS

AfriForum-GPS

AfriForum bied jou ’n gratis GPS-toepassing in Afrikaans. Die AfriForum-GPS is ’n volledige Afrikaanse GPS-kletstoep met Steve Hofmeyr wat jou die weg huis toe wys! Binnekort sal daar ook ander opwindende stemme op dié toep beskikbaar wees.

Hoe om die toepassing af te laai

  1. Besoek die toepwinkel op jou foon.
  2. Soek “AfriForum” en kies dan “AfriForum-GPS”.
  3. Laai die toep af.
  4. Klik nou op die AfriForum-GPS op jou foon.
  5. Kies “Skep ’n nuwe profiel.”
  6. Aanvaar die gebruiksvoorwaardes.
  7. Voltooi jou besonderhede so deeglik moontlik.
  8. Wag vir die SMS met jou unieke wagwoord.
  9. Vul jou wagwoord in en meld aan.

As jy enige navrae het of probleme ondervind, kan jy navrae@afriforum.co.za e-pos. Ons help graag!