|

AfriForum se Groter Moot-tak woeker voort in Maartmaand

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die langnaweek in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek geloods en die spruit tussen 24ste- en 25ste Laan, langs Terblanchestraat, skoongemaak.

Die tak se tuinspan het ook weereens bewys dat hul hande vir niks verkeerd staan nie deur op 22 Maart ses slaggate in die Moot-omgewing te vul.

“Die gemeenskap het werklik hande gevat om ’n positiewe verskil in die omgewing aan te bring. Baie dankie aan almal wat hierdie projekte moontlik maak. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se ander projekte wat die omgewing beveilig en verbeter,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Dit is bemoedigend dat ons lede deelneem en betrokke raak by AfriForum se selfdoen- en veg-en-bou-planne. Ons is dankbaar vir elkeen wat betrokke is,” sê Ruan du Plessis, voorsitter van die Groter Moot-tak.

Rapporteer slaggate by die Tshwane Metro deur ’n e-pos te stuur na pothole@tshwane.gov.za en meld dit daarna aan by die AfriForum Buurtbot op Telegram (https://t.me/AfriForumBuurtBot).

Om by AfriForum se Groter Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings