AfriForum help hospitaal in Springbok


Die AfriForum-tak in Springbok het die afgelope naweek ingegryp toe die Dr. Van Niekerk Hospitaal vir meer as ’n dag weens ’n foutiewe warmwatersilinder sonder warm water moes klaarkom. Die tak het gehelp deur twee elektriese kooktenks aan te koop en aan dié hospitaal te skenk.

“Dit is baie belangrik dat veral pasiënte toegang tot warm water het en dus het die tak dié krisis in ’n baie ernstige lig beskou,” sê Sarel Stone, voorsitter van Springbok-tak.

Volgens hom het die hospitaal slegs oor een kooktenk sonder ’n kraan beskik waarmee hulle pasiënte moes versorg en skottelgoed moes was.
AfriForum sal die situasie dophou totdat die foutiewe warmwatersilinder herstel is.

Soortgelyke plasings