AfriForum help met opknappingswerk aan paaie in Jeffreysbaai

 

Die AfriForum-tak in Jeffreysbaai het ’n subkontrakteur op eie onkoste aangestel om die Oos-Kaapse departement van openbare werke in staat te stel om padtekens in St. Francisweg te verf en op te rig.
Dít volg nadat die tak en departement ’n samewerkingsooreenkoms gesluit het om ’n verskeidenheid van probleme in Jeffreysbaai te takel.

“Die waarskuwingstekens en strepe op die pad was byna onsigbaar en talle waarskuwingstekens langs die pad het ontbreek. Die toestand van die pad het ’n gevaar vir alle padgebruikers ingehou, wat die tak genoop het om in te gryp,” sê Frikkie Sutherland, tesourier van die Jeffreysbaai-tak.

AfriForum doen ’n beroep op alle inwoners van Jeffreysbaai om by hul plaaslike tak in te skakel en sodoende ’n wesenlike verskil in die gemeenskap te maak.
SMS “Pad” na 32078 (R1) om die tak te ondersteun met betrekking tot sy projek om paaie op te knap.

Soortgelyke plasings