AfriForum herstel slaggate in Naboomspruit


AfriForum se Naboomspruit-tak, in samewerking met Naboomspruit se provinsiale departement van paaie en vervoer, het op 1 Oktober slaggate herstel op 12 km van die provinsiale pad wat strek vanaf die T-aansluiting by die Rondaliapad (by Olifant) tot by die ingang na die dorp.
Daar is tot op hede 40 slaggate gevul met 62 sakke teer en die tak het nog 50 sakke teer gekry om slaggate te vul. Die teer is aangekoop by Rooiberg Asphalt teen ’n groot korting aan die tak.

Volgens Phillip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, is die aksie te danke aan goeie samewerking tussen die tak en die departement van paaie en vervoer wat ingestem het tot dié aksie. “Die tak het die teer geskenk en die munisipaliteit het arbeiders en gereedskap verskaf. Die samewerking tussen hierdie twee spanne is goed en ek sal graag in die toekoms wil sien dat ons weer kan saamwerk om meer aksies in die dorp aan te pak,” sê Van Staden.

Soortgelyke plasings