AfriForum herstel waterlekkasie ná motorongeluk

 

Die AfriForum-tak in Secunda het die afgelope naweek spoedig ingegryp om ’n waterlekkasie te herstel ná ’n motorongeluk in Watersonstraat waartydens ’n munisipale waterpyp raakgery is en gebars het.

“Danksy flink optrede en goeie samewerking was die probleem vinnig opgelos,” sê Nico Venter, veiligheidsvoorsitter van die tak.

Hy sê voorts dat Secunda ook binnekort ’n nuwe buurtwag ryker sal wees en dat die span wat by die herstel van die waterlek betrokke was, deel daarvan sal vorm.
Dié buurtwag sal op 30 Mei 2017 gestig word en meer besonderhede sal op die tak se Facebook-blad beskikbaar wees.

“Ons beoog om die gemeenskap in die toekoms op verskeie terreine by te staan, hetsy met waterprobleme of veiligheidskwessies,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam na 45350 te SMS (R1). Die tak se noodnommer is: 084 598 3845.
 

Soortgelyke plasings