| |

AfriForum hou tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus gehou. Die gemeenskap het AfriForum genader om ’n tak te stig nadat ’n behoefte daaraan in dié dorp ontstaan het. Altesaam 35 gemeenskapslede het hierdie vergadering bygewoon, waartydens die bestuur van die tak gekies is.

Dié nuutgestigte tak is reeds besig met die beplanning van aksies wat hulle in die nabye toekoms gaan uitvoer. Hulle het die gemeenskap ook versoek om by die tak betrokke te raak en aan die aksies wat ten doel het om die dorp op te hef, deel te neem.

Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, en Jp Nel, die burgerregteorganisasie se assistentkoördineerder vir die Hoogland, het dié stigting behartig.

“AfriForum het sowel ’n tak as ’n buurtwag in Steynsrus gestig omdat ons besef daar is baie probleme in die dorp en dat die gemeenskap graag hierdie probleme uit die weg wil ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te loods, asook om die veiligheid in die gemeenskap op te skerp. Indien Steynsrus as gemeenskap saam hande vat en die uitdagings in die dorp aanpak, sal hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Nel.

Die takbestuur bestaan uit: Johan Marais (voorsitter), Boy Saaiman (ondervoorsitter), Ella Marx (tesourier en sekretaris), Niekie Grobler (gemeenskapsveiligheid), Naas Venter (plaaslikeregeringsake) en Daleen Deacon (jeug).

AfriForum se Steynsrus-tak nooi die gemeenskap uit om by toekomstige projekte en aksies betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Steynsrus” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings