|

AfriForum Jeug begin met skoonmaakprojek in Langebaan

AfriForum Jeug se Weskus-tak het op 26 Februarie hulle skoonmaakprojek in Langebaan afgeskop. Die tak het 20 sakke vol vullis verwyder uit die veld agter Pikkieland Kleuterskool.

Die tak het ook begin om die begraafplaas langs die veld skoon te maak. Hoewel die jeugtak nog nuut is skep hulle ’n bymekaarkomplek vir jeug wat ’n verskil wil maak. Die tak pak elke naweek ’n nuwe aksie aan.

“Dit is ons verantwoordelikheid as die jonger generasie om ’n verskil te maak en dit is ook waarom die tak gestig is, die toekoms is in ons hande,” sê Aluska Steyn voorsitter van AfriForum Jeug se Weskus-tak.

“Dit is lekker om te sien hoeveel jongmense daar is wat vandag bereid is om ’n verskil te maak en dat hierdie groep aktief besig is om ’n veilige en skoon omgewing vir die gemeenskap te bevorder,” sê Petri van der Walt, nasionale koördineerder vir AfriForum Jeug se dorpstrukture.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n verskil te maak. Stuur ’n epos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za  of SMS ‘jeug’ na 32687 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings