|

AfriForum Jeug besorg oor studente se veiligheid

Tydens ʼn onlangse besoek van AfriForum Jeug en ʼn beroepsgesondheid-en-veiligheidsbeampte aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus in die Wes-Kaap, het talle probleme rondom bouwerk aan die lig gekom.

Studente beskou dié universiteit as ʼn instelling wat gehalte onderrig bied maar tans verskeie veiligheidsrisiko’s inhou weens deurlopende bouwerk wat daar plaasvind, maar nie voldoen aan die nodige konstruksieregulasies nie.

Volgens Bernard Pieters, AfriForum Jeug se koördineerder vir Maties, Oos- & Wes-Kaap, het studente herhaaldelik probeer om dié probleme onder die bestuur se aandag te bring. “Die veiligheidsrisiko’s is reeds aangemeld by die bestuur, die studenteraad en ander betrokke rolspelers, maar daar is tot dusver geen gehoor gegee aan studente se klagtes nie.”

Volgens Pieters is die jeugorganisasie se doel nie om die kampus in ʼn slegte lig te stel nie, maar eerder om te verseker dat studente en werknemers van die universiteit in ʼn veilige omgewing werk en studeer.

Soortgelyke plasings