AfriForum Jeug in Bloemfontein skeer die gek met slaggate


AfriForum Jeug se Bloemfontein-takke het besluit dat slaggate nie op 1 April met hulle gaan gekskeer nie en het daarom self ’n slaggat in Van Rippensingel in Fichardtpark gevul.
Die Jeugtakke van Fichardtpark, Pellissier, Hospitaalpark en Kovsies het dié selfdoenaksie aangepak.

“Ons het besluit om die gat as ’n buitetoilet (long drop) uit te beeld omdat dit so diep is. Dit is immers gekkedag!” sê Simoné Harms, voorsitter van AfriForum Jeug se Fichardtpark-tak.

Soortgelyke plasings