AfriForum Jeug help bejaardes in Secunda


Die jeugvleuel van AfriForum se Secunda-tak het op 16 Februarie 2019 ’n bejaarde van Davieshof-aftreeoord in Secunda gehelp om haar vertrekke oor te verf.

Die plaaslike jeug het self besluit om ook ander bejaardes in die oord te help deur te verf, gate in mure te vul en ander klein restourasies en herstelwerk aan te pak.

“Ons het gedink ons doen eenvoudig ons goeie daad vir die dag, maar is totaal oorweldig deur die goeie terugvoer wat ons gekry het. Die waardering vir ons klein bydraes het ons werklik bemoedig,” sê Ricardo Jonker, die jeugverteenwoordiger by AfriForum se Secunda-tak.

Ondernemings wat by hierdie projek betrokke wil raak kan gerus vir Bronwen Pretorius by bronwen.pretorius@afriforum.co.za kontak.
Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Secunda” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings