AfriForum Jeug-kandidaat as Tuks se studenteraadsvoorsitter verkies

 

Henrico Barnard, AfriForum Jeug se kandidaat vir die voorsitterskap van die Universiteit van Pretoria (UP) se tussentydse studenteraad, is gister tot dié amp verkies. AfriForum Jeug wens Barnard geluk met sy verkiesing.
Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se koördineerder by UP, sê Barnard se verkiesing is nie net ’n oorwinning vir AfriForum Jeug nie, maar ook vir die meerderheid studente by die UP wat ernstig is oor hulle studies en deur studenteleiers verteenwoordig wil word wat gekant is teen die ontwrigting van klasse deur ’n klein radikale element op kampus.

“Ons sien uit na die komende jaar onder ’n studenteleierskap wat ’n pro-studiebenadering volg. AfriForum Jeug is van mening dat studente aan die UP na ’n omgewing smag waar hul veilig kan studeer en sukses kan behaal. Barnard sal hom daarvoor beywer,” sê Grobbelaar.

Barnard het in reaksie op sy verkiesing ’n hand van vriendskap uitgesteek na alle studente wat ernstig is om hul studies aan te pak en UP weer ’n universiteit te maak waar uitnemendheid sonder ontwrigting nagestreef kan word.

Soortgelyke plasings