|

AfriForum Jeug neem hande met Solidariteit Helpende Hand

Die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak het op 20 Augustus 2019 Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-sentrum in die Strand besoek waar die jeug ’n nuwe geiser laat installeer het.

Maresa Visser, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak, het besluit om uit te reik na die behoeftige kinders van die Ons Plek-sentrum wat deur Solidariteit Helpende Hand geadministreer word. Helpende Hand doen uitstekende werk om armoede te help verlig, te voorkom en te verbreek. AfriForum Jeug het besluit om die geiser wat onlangs gebreek het, te vervang sodat die kinders weer warm water het om mee te stort.

The Gas Installer in die Stand het die gasgeiser teen kosprys geïnstalleer en AfriForum Jeug wil dié onderneming in besonder bedank vir hul onbaatsugtigheid.

“Dit is gerusstellend dat daar nog maatskappye is wat in die Afrikanerjeug se toekoms belê en nie net in die huidige uitdagings vasstaar nie. Deur in die jeug te belê, skep ’n mens eerder die toekoms as om te wag dat dit gebeur,” sê Visser.

Raak vandag nog by dié tak se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Helderbergkom” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings