|

AfriForum Jeug se Bo-Karoo-tak hou massapatrollie

Die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo het in samewerking met die Orania Veiligheidsdienste (OVD) en gemeenskapslede ’n massapatrollie op 8 April 2022 in die omgewing van Orania uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 05:00 die volgende oggend voortgeduur.

Twintig patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en altesaam 300 km in sewe voertuie afgelê.

“Die Bo-Karoo-tak sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou ook in die res van die streek om oortredings in samewerking met die OVD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Marike Labuschagne, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings