| |

AFRIFORUM JEUG SE KEMPTON PARK-TAK MAAK SKOON

Die AfriForum Jeug-tak in Kempton Park het op 27 Februarie 2021 by die Elgin-brug rommel opgetel, bossies uitgetrek en die omgewing netjies gemaak.

Dié tak het besluit om die brug skoon te maak aangesien baie motoriste daagliks onderdeur die brug werk toe en terug ry en die brug baie onversorg begin lyk het. Daar word beoog om vandeesweek onkruiddoder te spuit sodat die bossies nie vinnig weer teruggroei nie.

“Terwyl ons besig was om skoon te maak, het lede van die publiek ook kom help” sê René Reichel, voorsitter van AfriForum Jeug se Kempton Park-tak.

John Steele, ’n inwoner van Birchleigh, het die tak sien werskaf en het sy hulp aangebied om die plek skoon te kry. “My ouma het my van kleintyd af geleer dat wanneer jy mense sien werk of bou aan die gemeenskap, moet jy gaan help. As ’n lid van die gemeenskap kan jy nie net verbystap en niks doen om te help nie,” sê Steele.

Raak vandag nog by AfriForum Jeug se strukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n daadwerklike verskil te maak. Stuur ’n e-pos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “jeug” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings