|

AfriForum Jeug se Kimberley-tak verwerf Takvoorsitter van die Jaar-toekenning

Die AfriForum Jeug-tak in Kimberley het by die onlangse AfriForum Jeugkongres weggestap met die Takvoorsitter van die Jaar-toekenning vir 2021.

Dié AfriForum-tak is in 2012 in Kimberley gestig en die jeug-tak is in 2020 gestig en Rampie Niemann dien tans as voorsitter.

Henko Visser takvoorsitter van Afriforum se Kimberley-tak sê die vinnige groei wat die tak se jeug afdeling sedert die stigting in middel 2020 getoon het, het  waarskynlik  grootliks tot die toekenning bygedra.

“Kimberley is nie in ’n gunstige situasie nie aangesien die skoolgangers en universiteitstudente nie veel belangstel om by die tak se jeugaktiwiteite betrokke te wees nie. Die meerderheid is jong werkendes wat tans die jeug-tak se vooruitgang verseker,” sê Visser.

Die AfriForum-tak is baie aktief in Kimberley en die tak se eerste prioriteit vanjaar is om die buurtwagte uit te brei. Die tak spog tans met 876 nasionale lede, 1 051 taklede en 25 provinsiale lede in Kimberley. Visser glo dat hierdie toekenning sal dien as motivering vir die tak om verder uit te brei en om die kollig te werp op die jeug-tak om so ook vir die publiek te wys waar hierdie jongmense ’n verskil maak. 

Enige navrae of indien gemeenskapslede by AfriForum se bedrywighede in Kimberley betrokke wil raak, kan Henko Visser gekontak word deur ’n e-pos te stuur aan voorsitter.kimberley@afriforumtak.co.za.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n verskil te maak. E-pos petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “Jeug” na 32687 (R1 per SMS). 

Soortgelyke plasings