AfriForum Jeug se Maties-tak maak Jan Marais-natuurreservaat skoon


AfriForum Jeug se Maties-tak het op 2 Augustus 2018 die Jan Marais-natuurreservaat by die Universiteit van Stellenbosch (US) opgeruim en algemene instandhoudingswerk gedoen om ’n gesonde en veilige omgewing vir studente te skep. Die Jan Marais-natuurreservaat vier vanjaar sy 103de bestaansjaar en is selfs ouer as die universiteit, wat vanjaar sy eeufeesvieringe het.

“Die instandhouding van erfenisterreine lê AfriForum na aan die hart en dit is vir ons belangrik om hierdie gebiede vir komende generasies te bewaar,” sê Jenise Janse van Rensburg, AfriForum Jeug se Maties-takvoorsitter.
“Ikoniese landmerke soos dié natuurreservaat speel ’n groot rol in die geskiedenis en studentekultuur van Maties-studente. Dáárom moet ons dit help bewaar,” sê Juandré de Bruyn, ondervoorsitter van AfriForum Jeug se Maties-tak.

Soortgelyke plasings