|

AfriForum Jeug se Maties-tak maak skenking aan Solidariteit Helpende Hand – Ons Plek

AfriForum Jeug se Maties-tak het op Vrydag 29 Oktober 2021 hulle jaar op ’n hoë noot afgesluit met ’n braai en stil disko by die Strand se lewensredderklub. Die geselligheid was vir oulaas ’n lekker ontspanningsgeleentheid vir studente en jong werkendes in die omgewing voor die eksamens begin.

Daar is onder meer worsbroodjies gebraai, gedans en lekker saamgekuier op die strand.

“AfriForum Jeug is ’n lekker bymekaarkomplek vir die Afrikanerjeug. Hier het ons die vryheid en die geleentheid om iets soos ’n doodgewone sokkie te gebruik om nie net ’n ontspanningsgeleentheid vir jongmense te skep nie, maar ook om ’n verskil te maak in die gemeenskap,” sê Nina Breytenbach, AfriForum Jeug se takvoorsitter by die Maties-tak.

Die toegangsfooi was enige nie-bederfbare voedselprodukte wat die tak op Dinsdag 2 November aan die Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek in die Strand oorhandig het.  

“By AfriForum Jeug probeer ons om altyd om ons aksies ook te gebruik as ’n geleentheid om terug te ploeg in die gemeenskap in. Helpende Hand se Ons Plek bied aan jong Afrikaners, wie in die omgewing woon, die geleentheid om na skool in die middae hulp met huiswerk te ontvang. Dis ons voorreg om op ’n klein manier ook by te dra tot die uitstekende werk wat hulle doen,” sê Bernard Pieters, bestuurder by AfriForum Jeug.

Raak vandag nog by AfriForum se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: stuur ’n e-pos aan jeug@afriforum.co.za of SMS “Maties” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings