|

AFRIFORUM JEUG SE MATZIKAMA-TAK SKENK DIEREKOS EN VERF PLAASLIKE DBV

AfriForum Jeug se Matzikama-tak het op Maandag 23 November die plaaslike DBV ondersteun deur honde- en katkos te skenk en ook die DBV se gebou te verf.

Die Landbouvereniging se lede het ook aangebied om hulp te verleen en het hand bygesit met die verfwerk. Daar is ongeveer 12 honde en 18 katte waarvoor dié DBV tans sorg en van die diere is beskikbaar vir aanneming.

“Een van verskeie projekte wat ons aanpak is om die DBV te ondersteun. Tydens die inperkingstyd het die DBV baie swaargekry, daarom het ons besluit om hulle te help. Hierdie DBV is ook altyd bereid om die boere te help om hul diere teen ’n baie goeie prys te steriliseer,” sê Eric van Zyl, voorsitter van die Matzikama-tak.

Vredendal Build’it het verf en ook verfkwaste aan die jeugtak geskenk. Verder het die Vredendal Spar katkos en hondekos beskikbaar gestel wat teen ’n goedkoper prys aangekoop kon word.

Die AfriForum Jeug-tak in Matzikama het hierdie projek suksesvol in samewerking met Landbouvereniging Matzikama, Vredendal Build’it en Vredendal Spar aangepak.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n daadwerklike verskil te maak. Stuur ’n e-pos aan petri.vanderwalt@afriforum.co.za  of SMS “Jeug” na 32687 (R1 per sms).

Soortgelyke plasings