AfriForum Jeug in Standerton maak Voetsporemonument skoon


AfriForum Jeug se Standerton-tak het op Woensdag 20 Maart 2019 die Voetsporemonument ongeveer 25 km buite Standerton op die Morgenzon-pad skoongemaak en die gras gesny.

Die Standerton-tak het in 2016 besluit om hierdie projek aan te pak en dit met gereelde instandhouding in ’n langtermynprojek omskep. Daar was aanvanklik vier fases: Fase een het op die skoonmaak daarvan gefokus; fase twee op die herstel van die draadheining om die monument; fase drie op die verf van die monument; en fase vier die oprig van ’n bord by en die aanlê van ’n paadjie na die monument. Die jeug hou die Voetsporemonument in stand en hoop dat vandag se jeug dit aan hul kinders sal oordra.

“AfriForum Jeug se Standerton-tak raai die gemeenskap aan om die Voetsporemonument te besoek en dié erfenis aan die jeug oor te dra,” sê Michelle Pretorius, AfriForum Jeug-voorsitter in Standerton.

Soortgelyke plasings