|

AFRIFORUM JEUG-TAK IN PIET RETIEF BIED BERGFIETSDAG AAN

Die AfriForum Jeug-tak in Piet Retief het op 28 November ’n bergfietsdag aangebied. Daar is heelwat wilde plantasies in hierdie omgewing en bergfietsryers het die geleentheid gekry om ’n goed uitgemerkte roete van 25 km in hierdie mooi omgewing af te lê.

Ná afloop van die geleentheid kon die 25 deelnemers koffie, koeldrank en worsbroodjies geniet.

“Die vorige dag se reën is te danke vir die lekker koel oggend. Hierdie dag is ook ’n goeie geleentheid vir families om tyd saam te spandeer en ons gaan dit ’n jaarlikse instelling maak,” sê Mohie Sofinia, voorsitter van AfriForum Jeug se Piet Retief-tak.

AfriForum Jeug wil almal wat met die reëlings gehelp het bedank vir die feit dat die dag ’n reusesukses was.

Raak vandag nog by AfriForum se jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: Stuur ’n e-pos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “Jeug” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings