|

AfriForum Jeug Tuks ploeg terug in gemeenskap

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Susan Strijdom-tehuis vir verswakte bejaardes in Colbyn, Pretoria, is ’n groentetuin ryker nadat die AfriForum Jeug-tak op die Tuks-kampus in samewerking met die Tuks Psyche-vereniging Saterdag ʼn groentetuin met besproeiing by dié tehuis aangelê het.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se koördineerder vir die Tuks-kampus, het AfriForum Jeug besluit om deel te wees van hierdie inisiatief omdat hulle ʼn volhoubare manier wou vind om hulp te verleen aan die ouetehuis.

Joanné le Roux, Psyche se projekleier, sê hoewel die grond bewerk en die groente geplant is, lê daar nog baie werk voor.

AfriForum Jeug en Psyche sal op 10 September met fase 2 van die projek begin waartydens ʼn besproeiingstelsel geïnstalleer sal word om die onderhoud van die groentetuin te vergemaklik.

Die betrokke studentegroepe het ook as deel van die dag se verrigtinge ʼn braai vir die inwoners van die tehuis gehou.

“Die groentetuin is nie net ʼn volhoubare manier om ʼn bietjie finansiële verligting te bring nie, maar gee inwoners ook kans om aktief te wees. AfriForum Jeug Tuks wou terugploeg in die gemeenskap en ‘n verskil maak in die inwoners se lewens,” meen Grobbelaar.

Om aan te sluit by AfriForum Jeug SMS “JEUG” na 36287 of besoek AfriForum Jeug se webtuiste by http://afriforumjeug.co.za/home/.

Soortgelyke plasings