AfriForum Jeug in Vaalharts bring kleur en vreugde na tehuis vir bejaardes


Om die aanbreek van die lente te vier het AfriForum in Vaalharts se jeug op Maandag 4 September die blombeddings by Huis Andalusia (ʼn tehuis vir bejaardes in Jan Kempdorp) opgekikker met blomme en saailinge geskenk deur Flora Mall Kwekery.
Hendrik Jacobs, AfriForum in Vaalharts se jeugvoorsitter, sê dit is vir die jeug ʼn voorreg om die ouer inwoners van die dorp te help.

“Dit was wonderlik om te sien hoe die jeug op só ‘n manier in die gemeenskap terugploeg en ʼn verskil in ander se lewens maak,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

 

Soortgelyke plasings