AfriForum Jeug verwerp verandering van koshuisname


AfriForum Jeug verwerp die Universiteit van Pretoria (UP) en TuksRes se besluit om UP-koshuise en -koshuisgange te herdoop.
Werner Beineke, woordvoerder van AfriForum Jeug se Tukkies-tak, sê dat AfriForum Jeug verskeie klagtes en versoeke van koshuisinwoners ontvang het om in te gryp sedert prof. Themba Mosia hierdie besluit aangekondig het. Volgens Beineke is koshuisinwoners se grootste bekommernis dat die universiteitsbestuur nie studente se belange eerste stel nie en bloot onder politieke druk swig.

“Daar heers reeds spanning op kampus weens die universiteit se taaltransformasiebeleid ten gunste van Engels. Dié naamsveranderinge is verdere olie op die spreekwoordelike vuur. Studente is bang dat die universiteit hulle sal teiken of skors as hulle die proses sou teenstaan. AfriForum Jeug is daarom genader om namens hierdie koshuisinwoners op te tree,” sê Beineke.

AfriForum Jeug is tans in verskeie gesprekke betrokke en sal binnekort ’n petisie teen die beplande naamsveranderinge loods.

Soortgelyke plasings