AfriForum Kempton Park en SAPD beklink hulle samewerking


Die AfriForum-tak in Kempton Park het op 10 Februarie 2017 hulle samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Norkem Park bevestig. Dit kom nadat die plaaslike AfriForum-tak ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD (nasionaal) in Centurion gesluit is, aan die stasiebevelvoerder, kol. Tobie Strauss, oorhandig het.

“Die ooreenkoms het ten doel om kommunikasie tussen AfriForum en die SAPD te versterk. AfriForum-buurtwagte sal voortaan ook ’n erkende rolspeler wees om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.
“Dit is verblydend om te sien dat die SAPD bereid is om met AfriForum-buurtwagte hande te vat en ons by te staan met ons projekte en inisiatiewe,” sê Jan Vermaak, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Kempton Park.

Soortgelyke plasings